Skip to content Skip to left sidebar Skip to footer

Where to stay / What to do

Die Ketel

Venison and lamb are the primary culinary choices in Vosburg. Die Ketel Coffee Shop serves an excellent “Boere” breakfast and freshly ground “moer” coffee. There is also a home industry in the coffee shop where the local ladies of the village deliver their delicious cakes, homemade jams and other delectable goodies. Home-made chicken, lamb and springbok pies can also be purchased.


Karoo Country Inn

Come visit us and check in to our lovely spacious rooms with in a quite and tranquil environment. Each room is personally decorated.


Ricks Karoo Winkel

Oorkant ons pragtige Vosburg Kerkie in Plein Straat, sal u ons besonderse Ricks Karoo Winkel ontdek. Daar kan u die heerlikste Kondensmelk koffie kom drink, met of sonder ‘n smaaklike Ricks Karoo ontbyt of ‘n ligte maaltyd. Interessante goetertjies is volop in Ricks, met lekker gesels. Ons kos word met liefde voorberei en ons probeer altyd seker maak niemand uitloop uit “Ricks” sonder om sommer lekker versadig te wees nie.  Vir ons rustiger kuiergaste – kom maak uself tuis op die gemaklike banke in Ricks se sitkamer gedeelte en ervaar Vosburg ……. dit is ook reg met ons.  Ons “local” Vosburgers is gereeld ook net by Ricks vir ‘n vinnige Kondensmelk Koffie’tjie of “Chippies” so moenie verbaas wees as julle ‘n Vosburger of drie hier raakloop nie. Ons is baie trots op ons Vosburg in die Karoo  – kom loer gerus in.  Skakel gerus op 079 060 2576 of stuur ‘n epos aan rickskaroowinkel@gmail.com as ons u kan help.


Die Vossie-Nes

Vossie-Nes is ‘n selfsorgkothuis met slaapplek vir 6 in Vosburg. Dié oorspronklike gebou dateer uit 1898, is opgeknap en beskik oor 3 kamers en 1 badkamer met ‘n stort. Die hoofslaapkamer het ‘n dubbelbed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Beddegoed word voorsien. Die derde kamer het 2 kampbeddens, maar jy moet jou eie beddegoed saambring. Die oopplan-kombuis is toegerus met ‘n tweeplaatstoof, mikrogolf, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe en ‘n etenstafel. Daar is ook ‘n TV met sekere DStv-kanale.’n Onderdakbraai-area en onderdakparkeerplek is beskikbaar. Troeteldiere word toegelaat mits dit vooraf gereël word.

Kontak no. 0731454112
info@vossie-nes.co.za
Besoek Website: www.vossie-nes.co.za vir meer inligting of kontak my gerus.


Elvee Lush – Luxury Guest House

Bed & Breakfast (3 Rooms) Elvee “Lush” Accommodation is located in the rustic town of Vosburg in the Karoo, Northern Cape. The units are stylishly decorated and furnished. We ensure your stay to be pleasant and enjoyable. We also have a very modern and up to date Beauty Salon on the premises. We offer romantic getaways.  All units are separate with ensuite bathroom with shower only. Breakfast is included in the room rate but Dinner is optional and on request. We can cater for different needs if arranged in advance. We soon will have an intimate Restaurant on the premises. Vosburg is the perfect stop over on the main route to the West Coast/Namakwaland.


Son-Skyn Inn

Son-Skyn Inn is ‘n bekoorlike kothuis in Vosburg, ‘n ouwêreldse Karoo-dorp in die Noord Kaap. Dié pragtige, boomryke dorp vorm deel van die bekende Karoo Hooglande Roete en bied ‘n rustige en aangename toevlugsoord met hartlike Karoo-gasvryheid.
Die eenheid het slaapplek vir 2 gaste in ‘n ruim slaapkamer. Die slaapkamer het ‘n dubbelbed en die badkamer het ‘n stort. Daar is ook ‘n heerlike ou Karoo-sitkamer waar gaste lekker kan ontspan.
Die kombuisie het ‘n yskas, mikrogolfoond en tee- en koffiemaak geriewe. Daar is ook ‘n braai-area en veilige parkeerplek wat gaste kan benut. Gaste kan ontbyt, ligte maaltye of braaipakke by Ricks Karoo Winkel koop.
Besoekers aan Vosburg kan die historiese geboue in die dorp verken, die Museum en ons pragtige Vosburg Kerk besoek, of saans sterre kyk en die besonderse Karoo-stilte geniet. Skakel gerus 079 060 2576 of gaan besigtig nog fotos op AirBNB of Lekkerslaap en verwys na Son-Skyn Inn. Ons sien uit om u welkom te heet.


EL JO Gasteplaas

EL JO Karoo Selfsorg Gasteplaas is op ‘n plaas net 16 km vanaf Vosburg en het slaapplek vir 6 gaste. Die huis het 3 slaapkamers en 2 badkamers. Al 3 kamers het plafonwaaiers. Die hoofslaapkamer, Gemsbok, het ‘n dubbelbed en ‘n en suite-badkamer met ‘n stort en bad. Blesbok, die tweede slaapkamer, het ‘n dubbelbed. Die derde slaapkamer, Springbok, het 2 enkelbeddens. Blesbok en Springbok deel ‘n badkamer met ‘n stort-oor-bad. Die oopplan-kombuis het ‘n stoof en oond, ‘n mikrogolf, yskas-vrieskas en ontbyttoonbank. Ontbyt en braaipakke is beskikbaar op versoek teen ‘n addisionele koste. Die huis word daagliks skoongemaak. Die sitkamer het ‘n heerlike kaggel en daar is ‘n binnebraai-area wat na die tuin lei. Die tuin het ‘n swembadjie vir dae wat die Karoo-hitte toeslaan, of gaste kan in die plaasdam swem.Gaste kan verder op die plaas na diere en voëls kyk. Daar is ook ‘n 12 km roete vir stap en fietsry. Dié roete begin by die huis, deur die groot wild- en springbokkamp, en eindig weer by die huis. Let daarop dat die plaas via ‘n grondpad bereik word.


Die Katte

Die Katte is in Vosburg en bied gehalteverblyf ideaal vir gesinne, sakereisigers en oornaggaste. Die verblyf beskik oor 3 eenhede, naamlik Haroldt met 2 slaapkamers, Tokkie met 2 slaapkamers en Jasper wat ‘n oopplan-eenheid is. Haroldt beskik oor 2 slaapkamers, elk met 2 enkelbeddens. Die badkamer het ‘n stort, bad, toilet en ‘n wasbak. Die kombuis is ten volle toegerus en het ‘n stoof, oond, yskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Die sitkamer het gemaklike sitplek en die leefarea en al die slaapkamers het lugversorging. Tokkie beskik oor 2 slaapkamers, waarvan een slaapkamer 1 enkelbed het en die tweede slaapkamer 2 enkelbeddens. Die kombuis is ten volle toegerus en het ‘n stoof, oond, yskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Die leefarea het gemaklike sitplek en ‘n houtvuurstoofoond. Die slaapkamer met 2 enkelbeddens het lugversorging en die enkelkamer het ‘n plafonwaaier. Die eenheid deel die gebruik van ‘n badkamer met ‘n stort, toilet en ‘n wasbak.
Elke eenheid het ‘n patio en braaigeriewe wat gaste kan benut. Jasper is die kleinste van die 3 eenhede en beskik oor ‘n oopplan-uitleg met ‘n dubbelbed en ‘n aparte badkamer met ‘n stort, toilet en ‘n wasbak. Die het ‘n volledige toegeruste kombuis met ‘n stoof, oond, yskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Daar is ook ‘n toesluitmotorhuis vir gaste beskikbaar.


Karoo Hunting Hideaway

Karoo Hunting Hideaway is in Vosburg in die Karoo geleë. Dié boomryke dorpie vorm deel van die Namakwalandse blommekykroete en bied ‘n vreedsame wegbreek met hartlike gasvryheid. Dié huis beskik oor 4 slaapkamers en het slaapplek vir 8. Elke kamer het ‘n dubbelbed en die badkamer het ‘n bad en stort. Die kombuis is toegerus met ‘n yskas, stoof, oond, mikrogolf en kookgerei. Daar is ook ‘n TV met DStv en veilige parkeerplek. Besienswaardighede en doendinge sluit historiese geboue in die middedorp, Khoisan-rotskuns op die Keurfontein-plaas en koffiewinkels in.

0 Comments

There are no comments yet

Leave a comment